Die Derde Basoete oorlog en Paul Kruger se aandeel in Clarens

Die Derde Basoete oorlog en Paul Kruger se aandeel in Clarens.

 

Die  Pretorius moord by Moorddraai

Volgens argiefstukke was ‘n geselskap Blankes met hulle nie-blanke bediendes wat transport gery het vir ‘n sake – onderneming Munro en Kie , op pad terug vanaf Durban tussen Harrismith en Swinburne (op pad na Pretoria) gedurende Junie 1865. Daar was 4 tentwaens en ‘n bokwa wat met negosieware gelaai was. Die blanke geselskap het bestaan uit ‘n vader- Henning Pretorius  met sy drie seuns nl. Jan Lodewyk, Jacobus en Albertus.So ook die vrou en twee kindertjies van Jan en ook ‘n sekere Andries Smith.

Op die oggend van 27 Junie 1865 terwyl hulle besig was om in te span, is hulle deur honderde gewapende swartes onder Malapo omsingel. Daar is onmiddelik na wapens gegryp. Die Swartes het aangedui  laat die gewere maar staan ons wil met julle praat. Die Burgers het dit gedoen  en die swartes tegemoet geloop. Onmiddelik is 5 Burgers doodgemaak. 4 is Doodgeskiet en die 5de met assegaaisteke. ‘n Drietal swartbediendes en ‘n Indiër wat by die waens was is ook vermoor.

Die kindertjies ( twee dogtertjies naamlik Petronella en Johanna) en vrou van Jan Lodewyk Pretorius ( wat ses maande swanger was) se lewens is gespaar. Na die moord , het die vreemde swartes ‘n wag by die waens geplaas en het vervolgens na Natal te perd teruggery. Teen middag het hulle teruggekeer met ‘n groot aantal perde, beeste en skape.

Jan se vrou en haar 2 dogtertjies (die oudste van 7 jaar en die jongste 4 jaar oud) was op ‘n wa gelaat

Oorlewende swartbediendes  wat ontsnap het, het bovermelde gebeure meegedeel en het voortgegaan om te vertel dat die waens daarna ingespan en die vreemde swartes van die moordtoneel vertrek het van die plek van die moord en die segsmense  (swartbediendes) is meegevoer.

Terwyl daar aldus wegbeweeg is, het die een wa vasgeval en die disselboom het gebreek,

Terwyl die wa waarop  Jan se vrou en kinders  was, ook in ‘n watergat vasgeval het. Die swartes het die goedere van die waens afgelaai en die vrou en kinders is aan hul lot oorgelaat. Nadat die swart bediendes ‘n tyd lank saam met die waens saamgeloop het, het hulle ‘n kans gekry om in die gras weg te kruip en vervolgens te  ontvlug na Harrismith waar hulle verslag gedoen het oor die gebeure.

Daar is dieselfde nag nog, ‘n patrollie deur Canisius, toenmalige Landdros  van Harrismith, bestaande uit ses blankes en een van die drie bediendes van die Pretoriuse onder bevel van H.O. Dreyer, raadslid van Harrismith, gestuur. Die volgende verslag word die volgende namiddag 28 Junie 1865 gelewer.

Die berigte van die bediendes was in alle opsigte korrek. Die vyf lyke van die familie Pretorius en Andries Smith  met blyke van gruwelike mishandeling het in die veld gelê.

Die patrollie het onmiddelik begin soek na die weduwee van Jan en haar kinders. Dog kon haar nerens kry nie.

Op die volgende dag 29 Junie, het die weduwee Pretorius en haar twee kinders en ‘n jong swarte absoluut uitgeput te Harrismith aangekom nadat hulle twee dae en twee nagte rondgewaal het.

Na aanleiding van die gebeure en verontwaardiging oor die koelbloedige moord verskyn ‘n proklamasie  van die waarnemende President M.J. Viljoen (van  die Transvaalse Republiek) gedateer 5 Julie 1865 wat as volg lui.

Landgenote Broers van die Suid-Afrikaansche Republiek. Uit bovermelde rapport van die Landdros van Harrismith blyk dat onskuldiges  hul lewens  verloor het deur die oorlog van ons Susterstaat teen Moshesh.

Na aanleiding van die moord word u opgeroep as vrywilliges om die Oranje-Vrystaat te hulp te snel. En vertrou ons dat u die roepstem sal eerbiedig.

‘n Transvaalse mag van 400 man onder Kommandant-Generaal Paul Kruger word na  Basoetoland gestuur om die Vrystaters by te staan en die moord op die Transvalers te wreek.

Hierdie mag oornag op die plaas Clarens naby die huidige dorp Clarens. Hulle skuil in ‘n diep spoelsloot teen die koue. Hulle is vroeg die oggend aangeval deur ‘n mag swartes. Vyf Burgers is doodgesteek met assegaaie voordat die Burgers kon groepeer en die aanvalsmag kon terugdryf. (Dit was dan die slag van Naaupoortsnek. Die Monument staan vandag nog op die Dorpsplein in Clarens met die name van die 5 gesneuweldes daarop.)

Die oorlog tussen die twee Republieke en die Basoetoes is nou in volle gang.

Paul Kruger besef dat sy mag te klein is om doeltreffend teen die Basoetos op te tree. Hy laat die woord loop dat hy nog manskappe benodig. So kom vrywillge  Burgers en Kommandos aansluit by Paul Kruger en saam met Kommandant Fick aanvoerder van die Noordelike kommandos is verskeie suksesse teen die Basoetoe behaal.

Engelssprekende Burgers wat hulle baie heldhaftig gedra het in die oorlog was Charles Holmes en Robert Lovers Jr.

So is die weg dan gebaan vir die totstandkoming van ‘n klein handelspos by Clarens.

Gedurende die Anglo Boereoorlog van 1898 het President Paul Kruger dan in Ballingskap gevlug na Holland op aandrang van sy raadgewers  waar hy ‘n ruk lank gebly het. Hierna is hy deur die Switserse regering genooi om na Switserland te kom en daar in die dorpie Clarens aan die oewers van Meer Geneva te woon. Hier het hy dan tot sy dood gewoon.

Lank na die Anglo boereoorlog, gedurende 1912 is die dorpie amptelik Clarens genoem tot eer van Paul Kruger, weens sy betrokkentheid by die Basoetoe oorloë in die omgewing. As ook die omgewing met sy berge wat aan Clarens in Switzerland herinner het.

 

Click here for more articles on Clarens history

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *